Nagloed – Opdrag 4
jou michelangelo-vingers omvou die bed se styl met jou stadige hand in rus bo jou kop ‘n albaste arm sag gespierd en warm ‘n vag okselhare soos goue waaigras in ‘n waas in Rome staan Apollo armloos (‘n Obeliks-glips altoos?) ‘n voël mag maar op sy klipkop mis want alles van die gode is nou […]
dobberende lawa
saam met golwe kom daar opdrifsels uitgespoel op wit strande lê dit droog belyn hoogwatermerke sover ek sien dryf dobberende bruin waterplantlote saam met busvragte oos kaapse ryers kom kriminele elemente die strate vol belyn grondgrype soos honger barbare brand motorbande op swart teerstrate kouefronte rig skade aan maar bring reën vul damme en bring […]
Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie Toegedraai soos die horison se blou soen op die see in mekaar toegedraai teenaan my onder wit satyn wat soos wolke wieg en waai met ritmiese, konstante branderrol oor die wye strand van jou lyf tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor) in mekaar toegedraai © Grootvissie Augustus 2018
OU BROEKJAGTER Opdrag 4
OU BROEKJAGTER Opdrag 4 Jy noem my ‘n ou (agterbakse broekjagter) agter jou deur staan die ou manne jagter wees versigtig wat jy van ander sê jy laat my skaterlag jy gaan vinniger as ekke lê jy noem my ‘n ou (agterbakse broekjagter) leer sommer vinnig hierdie les soos ‘n bok is jy klaar gekwes […]
Somerson
Somerson ontwaak met droombeeld van soet jasmyn naas ‘n winterhart ©Loretta Szikra
swart voëls (Opdrag 4)
swart voëls in my wete wat wil ontsnap hul vlerke klap hul bekke skeur ek kan nie meer die swart voëls keer swart voëls in my wete wat wil ontsnap hoe laat ek die swart voëls vry as… (die een wat ek die liefste het) jy bitter seer gaan kry ©Evanthe 2018
Winter se gô is uit
met winter geblus – ontbied die lentebries sag somer tot opstand ©Loretta Szikra
parstyd (opdrag 4)
die liefde is blind, maar nie die bure nie die Wes-Kaapse wind waai koud deur die vrugbaarste wingerde vas teen my lyf, soos ‘n (gekneusde) perske vas teen my siel, soos (geparsde) druiwe en jy – my lief – raak dronk op die wyn van my seer die liefde is blind, maar nie die bure […]