Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie
Toegedraai
soos die horison se blou soen op die see
in mekaar toegedraai
teenaan my onder wit satyn
wat soos wolke wieg en waai
met ritmiese, konstante branderrol
oor die wye strand van jou lyf
tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor)
in mekaar toegedraai
© Grootvissie
Augustus 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie