nagwaak
daglig sak af in sy nagtelike graf stadig verkleur die horison blou saggies waai windjie seelanges bring heerlike sout gegeurde lug see se geluide kom oor my duin trek sag oor donker fynbos land breek van golwe kraak die stilte met reelmatige stakato klanke skril geluid van gevlekte ooruil skerp soos spyker oor sinkplaat wek […]
Stille Pyn
Die gebreekte klokke klingel klankloos deur die donker gange van jou menswees as die einde van die spel jou op die ashoop uitspoeg en jy Job-alleen die weggooiswere met die skerwe van jou liefdespot moet krap jou stilte skree die antwoord in die ruimtes tussen niks want daar is niemand wat kan luister as jou […]
Die nuwe dom
Oral bepaal almal iemand is dommer op ‘n skaal. Die geslag wat nog die 3 R’s ken, reken die onmondiges tree terug na ‘n grot, terwyl jonges tune oues is nie streetwise nie en hopelessly e-toe. Brunette sê die blondes het dit net nie en plattes sien rondborstiges as wulps en totaal vlak. Nerds dink […]
Generasies 2.: Die anderkant van klein dorpies
Dinge lyk rustig en gesond op die platteland. Dis goed vir kinders en alles loop hand aan hand met die welsyn van die mense en elke gesin. Tog, tussen onbesorgdheid so vry en volslae ondraaglike waansin, is daar dikwels net ‘n voordeur wat skei. My pa was briljant, en lief vir my, maar soos sy […]
Generasies 1. : Sondes van die vaders
My dogter kuier by snobs, hoor net van herkoms en verwante en begin haarself te vergelyk. Toe sê ek, jy’s ook darem iets, Google hierdie oom se naam dan kan hul op hul neuse kyk. My ma het vertel van die wonderman, hoof van drie fakulteite, net soveel doktorsgrade, Voorsitter van die Akademie vir Wetenskap […]
verwagting
daglig sak af in sy nagtelike graf stadig verkleur die horison blou saggies waai windjie seelanges bring heerlike sout gegeurde lug see se geluide kom oor my duin trek sag oor donker fynbos land breek van golwe kraak die stilte met reelmatige stakato klanke lawaaierige vakansie gangers breek deur die vroeg aandlug braaivleis reuk teug […]
Ek Droom
Die maan skyn dof agter die wolkesoom Die waterspieël lê ysig en ek droom… Ek droom van someraande Van ons saamwees en ons reis, Van ons lang verlede maande In die newels van die grys… En ek droom van sweet en passie Van ons siele saam verstring Toegedraai in nagwindjassie Tot die son die more […]
Oorkant Jou
Oogkontak is onvermydelik. Onder die amandellyn lê die lyne van tyd. Stukke hare het losgewikkel uit die Franse haarstyl