ek mis
dit is weer geel perske tyd vars van boom vryf skoon hap sakke vol vir inlê en vrugtesap hierdie jaar sit ek ver te wyd tafeldruiwe hang donker blou soos manna uit Skeppershand proe uit natgedoude prieël-rant pitloos sluk sonder om te kou ek mis die vars vrugte uit ons berg daardie reeks blou berge […]
Xmas
Op die plaas, soos die gebruik het ons Kersboom nog na O Tannenbaum geruik, het ‘n huis vol nageslag na Boekevat gewonder wanneer kom Kersvader tog! Toe gaan tree ons almal af saam met die oudstes by die see, kry ‘n plastiekboom wat opvou en met crinkle paper en tinsel, wat ons saam daarom vou, […]
Jong Liefde
Jong liefde is skoon soos die veld na die reën dit blom en dit lag, dit verkwik die siel en verbly elke hart wat dit stil kan aanskou en die wêreld lê oop op die dubbelspoorpad met die hande wat vat vingers strengel tesaam en die lag van die lewe maak die steiltes gelyk as […]
Die Groot Seer
‘n Man beweer die liefde maak nie seer, dis net maar die verwerping wat die pyn bring en die wonde rooi laat bloei… maar as die liefde skoon verkeerdom in jou hart loop lê en jy die een wat nie aan jou behoort nie teen die prikkels in wil hê en jy jou bloedneus loop […]
Is daar sein daar in die Hemel?
Is daar sein daar in die Hemel? Sal ek jou kan bel? En as jy dan sou antwoord sou jy my kon vertel dat jy my baie liefhet? Of sou jy ander nuus hê van die goue strate en die see van blou Kristal, Van die stad met baie poorte ‘n volle twaalf is hul […]
orde
uit oggend mis verskyn blou see gesoom met skoon wit strande omring met wit geverfde huise besoekers selfs van ander lande met eerste ligstrale oor die baai stap mense met hul troeteldiere honde aan gekleurde lei bande haastig stap hul in die vroeë ure eers later kom daar ontbyt reuke wanneer vakansiegangers verskyn met strand […]
Effenkom
Gisteraand wou ek my gees weer lig by ‘n konsert so vinnig deur baie besig beloof koor (en my kind gaan sing) orrel en orkeste, die vreugde wat musiek kan bring. Ons stap by die kerkportaal in minute voordat als begin, toe’s daar skielik net hier en daar assistive lights wat duister opklaar! Ons word […]
vlekke
donker misbanke hang in die nag byna geruislose windjie streel my wang nou en dan verskyn die ligte van sterre soos wolkies stadig oor uitspansel gly my hart klop hoorbaar in eie ritme verstel om soos metronoom my sekondes af te tik duister pla my nie dit is slegs tydelik tot die Lig weer kom […]
Kindwees
‘n Eensaam traan gly stadig oor die geplooide wang, veg moedig vir ‘n oomblik teen swaartekrag se drang, en stort dan vinnig sonder weerstand blinknat straal tot op die sand. ‘n Hand wat bewend agternavee om te stop die stortvloed weer van hart wat pynklop diep hier binne, en wat vra ag hoekom, waarom Heer? […]