Drake Vlug
Die draak was té stadig. Die gevleulde draak het klaar die brandende pêrel onderskep en is oppad na die doelpaal. As die blou span weer wen, gaan hy nooit die einde daarvan hoor nie. Hy klap sy vlerke vir ‘n vale en haas agter die gevleulde draak aan. Ver onder hom brul die skare en […]
XYZ (Brons kategorie)
dit was daar – die punt aan die einde van die sin. geen twyfel aan my sig of leesvermoë geen “per abuise” val van die pen die sweet, klam aan my vingers kon geen fout bespeur selfs sou ek dit tas asof in Braille daar was geen komma of rusteken – net ‘n punt deur […]
satire
kom besoek hierdie land land van melk en heuning hier is geweld onmin gering hier vat elkeen die ander hand kom sien die reënboog nasie opgestel as varse demokrasie regeer tot in hoogste purgasie geprys deur wêreldwye ovasie waar politici soos konings onthaal meerderheid alles verniet wil kry minderheid al die belasting betaal ©Teárlach
Die skemeruur (Brons kategorie)
nou, hier – in die stilte van die skemeruur kom sit styf hier teenaan my sy wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep lê jou kop hier teen my skouer terwyl my warmte jou sag omarm […]
Net donker (brons kategorie)
ek slaap die slaap van die dooies van donkerder as donker sonder enige drome soms onthou ek nog (ten dele) van ou drome soos vae gedagtes wat wil losbreek nes ou stofbedekte boeke op vergete rakke wat roep daarna om weer ontdek te word vergeelde blaaie wat ruik na ou ink en stof vergete (nou) […]
Op ‘n stormsee
Met ‘n ” Bong” het die jaar afgeskop en met ‘n ” Bang” is dit amper die einde van die jaar. So baie dinge het gebeur, nog ‘n jaar van opwinding en natuurlik ook sy skokke. Januarie het vol afwagting afgeskop, en die vooruitsigte het glansend geblink op die horison. Maar gou het dit geblyk […]
‘n Nota op jou kopkussing (6)
As ek die dagbreek vir jou koop En dit met linte aan jou hart vasknoop sal jy my asseblief dan sê hoe vêr jou liefde rêrig lê? © 21/12/2018 Anton Bosch
een dag ewig
waar mooi en goed in ‘n fees son, maan en sterre onthaal vlees en bloed nie meer wees daar waar Lig uit alles straal waar siele mekaar weer vind mekaar in blye vreugde groet saam loof en prys aan Sy voet niemand hulle meer kan bind dit is waar ek graag wil wees een-dag met […]
Daar’s ‘n Ou Man wat Huil
Daar’s ‘n ou man wat huil in die park op ‘n bankie as die kinders baljaar in die vroe-môreson, en die pa’s en die ma’s met bont piekniekmandjies wat kyk en wat lag hulle aan kinders verstom, en die ou man wat huil in die park op die bankie kyk terug op sy pad maar […]
Vir ‘n reënroeper
ek stuur vir jou ’n donker wolk vol genade uit die Kaap; ek weet jy weet wat ’n mens met so ’n wolk moet maak – jy steek jou arms uit tot jou hande daaraan raak jy bid en jy sê dankie… net voordat jou vingers vol riviere daaruit raap © Carma Shaw 19 Desember […]