Jongste aktiwiteit:

Op ‘n stormsee

Met ‘n ” Bong” het die jaar afgeskop en met ‘n ” Bang” is dit amper die einde van die jaar. So baie dinge het gebeur, nog ‘n jaar van opwinding en natuurlik ook sy skokke. Januarie het vol afwagting afgeskop, en die vooruitsigte het glansend geblink op die horison. Maar gou het dit geblyk of die maand die gevoel gehad het van ‘n mal hoender wat die hele wêreld omskrop. Ons is meegedeel dat ons ouers weer moet trek, na ‘n ander sorgoord vir dimensie. Die plek waar hulle was vir twee jaar het toegemaak en ons was genoodsaak om hulle te skuif. Dit was nie ‘n maklike taak nie, ek en my suster het ons hande vol gehad om die nodige reëlings te tref. Verwese het ons ouers gelyk, waarheen vat ons hulle nou weer, weg van die bekende wat amper weer soos hulle eie huis was.

Intussen het ek weer enkellopend geraak, sommer net so vinnig het dit gebeur. Nogal net so voor Valentyns dag, dit was maar ‘n bitter pil om te sluk. Liefdeloos het die jaar gestrek, en die maande het leeg gelyk. Dalk ‘n jaar van nuwe vooruitsigte, ‘n jaar om myself te bederf met lekker dinge. Maar waar begin mens wanneer jy skielik weer alles alleen moet doen, alleen moet uitgaan. Ag dalk is dit nie so slegte idee om net weer tyd aan jouself te besteë nie, meer tyd vir beplanning.

Die lewe staan nie stil nie, hy wag nie vir jou nie. Maak maar vrede met jou omstandighede, en sien nuwe uitdagings raak. Die volgende paar maande was relatief stil, niks opwindends het gebeur nie, net die doodgewone werk en huis toe roetine. Naweke het skielik so lank gevoel, hoe op aarde kry mens dit om sonder iemand in jou lewe. Lees, skryf, skilder… dalk ‘n stokperdjie kry, en mense ontmoet. En dan die winter wat alles net erger laat voel, die koue die vaalheid bring heimweë terug.

Skielik kom die boodskap… dit was die hoogtepunt van die jaar! Einde Julie was ‘n wonderlike tyd, die mees romantiese tyd van my lewe, ek was nie meer alleen. ‘n Heerlike vakansie in die wildtuin saam iemand spesiaal, en daarna was al die leë dae, maande en ure weer gevul met liefde en opwinding. Die jaar het weer rooskleurig gelyk, opwindend gevoel met ‘n nuwe doel. Goeie dinge kom met tyd, dis nie altyd nodig om daarvoor te soek nie, dit vind jou met die regte tyd. Maar alles gaan nie altyd goed nie…

Net toe ek dink dinge gaan nou rustig wees, breek ‘n katgeveg uit tussen my en die bure. Letterlik en figuurlik…wat ‘n katestrofe! Ek word beskuldig dat my katte hulle brood opvreet, hulle vullis sakke stukkend skeer…vir drie weke gaan dit so aan. Die mense het net geen einde, maak nie saak hoe ek my onskuld probeer bewys nie. My enigste uitkoms was ‘n foto van Miempie my kat, wat toe nie eers die kat was wat hulle gedink het myne is nie. Skielik nou baie jammer oor hul fout, maar gelukkig het hulle getrek en die nagmerrie is verby.

Weereens het ek en my suster ons hande vol met my pa, hy’t geval en word opgeneem in die hospitaal. Hartversaking! Kommer en spanning kruip oral uit donker gange, kalm bly! Uiteindelik is alles weer normaal, of altans net vir twee weke. Weer oppad hospitaal toe, die keer sy heup gebreek, my arme pa. Operasie, rehab en vir ses weke in frail care.

En toe die onverwagte slegte nuus, my pa word weereens opgeneem in die hospitaal en dit lyk nie goed nie. Akute nierversaking, vyf en tagtig jaar oud. Die lewe is kort, tyd saam met jou ouers is kosbaar. Ons bid vir jou my pa, mag die Here jou sterk hou, mag sy arms veilig om jou vou in die swaar tyd.

Dan die bitter seer nuus, my pa is oorlede die 17de Desember, sy begrafnis is die 28ste. Intussen was dit my ma se verjaarsdag, die lewe gaan aan…

Die einde van die jaar is vir my altyd so bietjie van ‘n skeidslyn, waaroor ek kan klim. Iets tot die effek van “wat was en wat kom”, “voor en agter”, “gister en môre”, “verlede en toekoms”.

Aan elke einde van ‘n jaar is ons geneig om terug te kyk en dan is daar ‘n verskeidenheid van emosies wat binne ons woel!! Ons gebed vir julle is dat ons nie terug moet kyk nie, maar saam hardop en uit volle bors die volgende woorde kan uitroep vir 2019.

“You raise me up, so I can stand on mountains; You raise me up, to walk on stormy seas!”

Help my om laas jaar te bêre in die verlede om die mooi te onthou en die nuwe jaar daarop te bou. Here leer my om geduldig te wees en om altyd dankbaar te wees, leer my om liefde soos U te gee en om my tyd op die mooi te bestee, leer my om op U antwoorde te wag om in donkertye steeds te lag, dankie Here dat U my nog n jaar gedra het…

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” – Filippense 3:14 …
Baie van ons dink al vêr vooruit na volgende jaar – en raak nog meer oorweldig en angstig. Die einde-van-die-jaar-sindroom is ’n werklikheid en word dikwels gekenmerk deur uitputting en moegheid. Dit was ‘n stampvol jaar, en almal is besig om gereed te maak om op vakansie te gaan en sodoende afskeid te neem van nog ‘n jaar se vreugdes, geluk, swaarkry. Mag die feesgety vol vreugde wees vir almal, en ‘n Voorspoedige en welvarende strek vir nuwe hoop en ‘n nuwe begin vir 2019!

En laaste sluit ek af met die gedagte…’n maand voor my pa oorlede is het my ma hom gevra of hy nog lief is vir haar.

Sy antwoord was, “natuurlik is ek baie lief vir jou, jy is dan al wat ek het.”

“My pa, rus in vrede, jou lewe op aarde is verby, jou doel is volbring”

Ons is vir altyd baie lief vir jou.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak