
Psige
Asemloos
wag die skepping
op die openbaring.
Liefderik
streel die son
oor die kleurkaros.
Geruisloos,
fladderend in vlug,
skynbaar onbewus
van bewondering.
So is die psige
van jou vlees
deel van menswees.
‘n Deursigtige kristal
waardeur lig val en breek
om die verborgenhede
in jou te openbaar.
En die skepping is verstom
oor die blom
van jou gees.
© CJ Laing 18/12/2018
© Skets CJ Laing 18/12/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Sjoe, vir my is hier die kontras tussen die fluweelagtige, ontluiking iot die ondeursigtige kokon, en die skerp helder kristalbeeld wat die tydelike skoonheid met die blywende kontrasteer...en die multidimensionele skoonheid wat openbaar word wanneer die lig se invalshoek verander...wat die innerlike skoonheid van die psige so pragtig beskryf! ‘n Wengedig!