Ons behoort (2)
Ons behoort aan Afrika soos aasvoëls sweef oor Potbergkranse soos pienk flaminke in ’n strandmeer wat haar lofprys met hul danse; soos ’n singvalk op ’n doringboom soos reiers aan ’n vlei se soom …en soos die eende op haar waterwieg. Ons behoort aan Afrika soos wat duiwe deur haar bloutes vlieg. © Carma Shaw […]
Desolaat
Instagram … eksotiese disse in klandestien restaurante, wydvermaarde plekke in verre lande, of net straataf selfies met … WOW! In hoë definisie ʼn lewensverhaal in hiërogliewe op tablet- en foonskerms verspied deur miljoene smarag oë. Facebook … vriende uit ‘n prille jeug nuwe vriende – (maak die sirkel groter) bekendes, opinielyers, B&B’s vir kyk-my-glamour-lewe (wees […]
Verwarring
Verwarring die liggaam huisves verwarring in digbevolkte denke lê ‘n soeke na w a a r h e i d emosies versluier sielerus verwaarloos harte vol wilde begeertes op ‘n soektog om die siel te voed die liefde te ontsyfer op ‘n soektog selfs binne die blaaie van ‘n boek Tia©️
Januarie 2019: Kommentaar en uitslae
Beste INKers Vergun my jul lankmoedigheid in hierdie verband. Die uitslae vir hierdie projek sal nié later as Woensdag 13 Februarie 2019 gepubliseer word nie. Ek vra nederig om verskoning hiervoor. Hou die spasie dop. Skryfgroete IM
VERBY
Verby vasgevang is jy tussen dit wat jou hart begeer en werklik is en ingehok is jy jou liefde soos tralies wat voluit leef se vlerke knip verniet wag jy vir haar om tog net om te kyk en terug te draai maar so saggies net soos die sandjies wat in ‘n uurglas val – […]
‘n Kind se Seer
Die seer wat in ‘n kinderhart kom lê kom nesskop en haar wese infiltreer, wat saam tot wasdom groei haar later alle vreugd’ ontsê, word dan die tralies wat die siel omsluit, die lig kom in maar sy verleer hoe om haar hand daardeur te steek om selfs die krummels van die liefde vir haarself […]
Tikketjie-Tok
Mens verstaan selde die waarde van tyd voordat dit heeltemal insink en jy met jou hart en verstand weet dat dit wat verlore is, nooit weer teruggekry kan word nie. Met heimwee in hul verbleikte oë staar die ouer mense lank en ver terug na die gewaande “goeie ou dae”. Meestal met spyt oor die […]
berge
kranse klowe spelonke sterk wind geluide swewende voëls groen water some helder wit watervalle donker koelteboom stiltes berge wink blou van baie ver verander in kleur en geur wanneer jy hulle nader skadu van inheemse bosse met varings rank toue vanself hou klamme rus vas vir bewoners wat dit waag om daar te vertoef ©Teárlach
Gevolge
Hopie sand asemteugkorrels afgemeet, opgeteken, gepunt – nie ʼn enkel korrel meer, nie ʼn enkel korrel minder eerste skree deur baarmoederbloed eerste korrel tregter drakonies – korrel per asemteug, heilige verbond beseël, geen verdere addendum bliksemstraal, donderweer … vloedwater verkwisting en lamenteer, jeremieer … sondige verbeuselling Veinsaard joel, verlok verlore kind onafgebroke kom, verknoei sandkorrels […]