Kinderilla
Onbepland die wêreld in reeds verstoot by eerste lig: lelike grys eendjie. jou eerste enetjie. So word Kinderilla groot bewe haar onderlippie, as sy smekend vra: “Moenie loop, seblief, Pappie.” Druppeltraan oor haar wang, klink haar kleuterlied elke aand. Kinderilla se mammie en pappie en familie skaterlag en kuier saam; Neefs en niggies jaag en […]
vuurkoue woorde (‘n interteks van Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek
vuurvlam koud sonlag skril bereik ek ‘n koors sy woorde is ‘n bitter pil soek ek na die grootpad om daarlangs te draf oral draai die paadjies van sy woorde af soek ek na die groot river om daaragter te skuil uit elke waterstroom hoor ek sy beloftes huil tot in my glashart gal sy […]
wrak
ver agter rotse met skerp koppe wat bedrieglik skuil lê daar wrakstukke my duin bied stilte selfs teen wind se toon wat in hoë note vibreer alles in musiek verloën sing meeue soms in koor oor veraf deining van smart vertel deur golwe se breek oor balke en metaal wrak selfs strandlopers klink sag as […]
Sandloper
Juliemaand in die bosveld. Skoolvakansie. Laat lê, rondlê, niks-doen-dae – wat ʼn wonderlike vooruitsig vir ʼn moeë tiener siel, maar Pa het ander planne. “Hallo Pa” groet ek wanneer ek met my skooltas en koshuiskoffer die kombuis instrompel. Hy lag en gooi sy arms wyd oop vir ʼn stywe druk soos net hy kan gee. […]
‘n Uurglas wens
Sekondes gelede trippel-trap voetjies deur duisende onthou spoortjies en jou denke word ‘n sirkel sonder einde Vandag se denke uit gister se drome stap met trae voete oor die horison om ‘n langer uur te kan vertoef op die drumpel van heimweë in helder blou gekleë sterf oor lippe wat woordeloos smeek was ek maar […]
Martelingskamers (Ook bekend as publieke toilette)
Is dit net ek, of is publieke toilette nie net die vreeslikste ding op die planeet aarde nie? As jy nou wil hê ek moet in ‘n koue sweet uitslaan en hartkloppings kry, dan sê jy ek moet ‘n publieke toilet gebruik… Net nou-die dag is ek weer herinner hoekom ek die goed so haat. […]
Onsterflikheid
In ‘n tydelike staat van net maar wees skulp ek soos die kluisenaarskrap in ‘n liggaam net geleen, in die hier en nou maar nietig mens, verganklikheid van bloed en vlees. My aardse bestaan deur tyd bepaal – die uurglas wat my lewe rig – die opkoms van die son en maan, seisoene se siklies’ […]
Ons behoort (1)
Ons behoort aan Afrika soos suikerbos en kremetart soos haar aalwyn wat oranje en ’n huilboom in haar smart; soos ’n wildevy wat deur rotse skeur namakwablomme wat die winter kleur …en soos graspluime aan die wind. Ons behoort aan Afrika soos sade wat ’n rusplek vind. © Carma Shaw 7 Februarie 2019 1:31