Onder een hemel
Ons sit onder die selfde hemel vanaad. Ons fluister saam ons wense aan dieselfde aand stêr vanaand. Ons wag saam vir een om swakheid te wys. Ons oë praat lang gesprekte hartseer en waarheid. Ons harte slow dance op sad, sad, musiek. Ons siele maak onhoubare beloftes want ons koppe het ander planne. Ons was […]
Ons storie
Ons storie. Ek is die pen jy die papier. Ek vlek my siel tussen jou lyne. Ek skryf die woorde jy gee hul ‘n tuiste. Ek vul die lyne jy lees tussen hulle. Ek dans met my hande oor jou skoon blaai. Jy ken my woorde ek ken jou elke lyn. Die ink reuk so […]
KINTSUKUROI
Gebreekte kruik is sy uitgewerp, stukkend geval maar nog plek-plek skerp… As die Meester die stukkies sag optel en met goud verweef tot ‘n kleurespel en haar huistoe neem na ‘n plek berei waar die lig deur die goue krake skyn, ‘n baken wat elk moeë siel soos ‘n ligtoring weer na die troon toe […]
Driehoek 2019/02/01
Driehoek 2019/02/01 ʼn Knak, ʼn kraak … dan die donderweer ʼn gil, so skril … dan dodelik stil so gou, so grou … dan die ewige seer ©Stephan Uys 2019/02/02
Vlerke van geloof
Vlerke van geloof Soms is dit donker nag sonder lig, sonder krag geen uitkoms te gewaar hoe hard jy ook al staar. Soms is dit donker nag maar dan moet jy bly wag ʼn antwoord sal jy vind want jy is God se kind. Soms is dit donker nag maar wag … dit word weer […]
Gee my net kans
Gee my net kans Moenie my sê God is goed as ek huil-loop agter ʼn begrafnisstoet. Moenie my sê God is goed as ek my geliefdes die laaste maal groet. Los jou verstand en leen my jou hart geen woorde bring troos in tye van smart. Verstáán jy my pyn raak soms … net te […]
verleë
my duin het leeg gestaan dae lank het wind gewaai meeue het gekom en gaan getye beweeg en vergaan diep gedagtes het opgegaar rolbosse teen heining geblok my seun het kom kuier by ons soveel seën laat my oorweldig tot weer siens gegroet koebaai nou weer alles van voor af oor dankie vir elke klein […]
Al staan jy op jou kop
AL STAAN JY OP JOU KOP … Magrieta rou. Elke dag dra sy ‘n ander skakering swart onder haar lang enkellengte jas. Sy het opgehou om bly te raak oor kleur, want dit het kleurloos geword in haar hart. Dit is hoe Magrieta die winter beleef. Sy gaan klas toe soos altyd en voer haar […]
Die siel van ‘n digter
ek weet ek moet gaan, al smag my siel (in bardo) na ‘n vleeslike bestaan – soepel vingers om kwynende gedagtes vas te pen, warm lippe, om jou te verseker – ek het jou hart geken (dat jy kan verstaan) as ek met ‘n paragon traan my diepste hunkering finaal met jou deel want dood […]
SANDLOPER
SANDLOPER in die vakuum van jou en my van stilte in ‘n hol bol van stilte in ‘n vol bol soms ek bo en jy ver onder dan jy weer bo en ek bly wonder van ‘n hart vol glo en een daarsonder van swygend smeekgebede wat soos sandjies saggies sonder stilstaan loop een siel […]