Geskenke van goud
Karien het twee dae om ‘n brief te skryf, ‘n brief vir haar ouma wat op haar sterfbed lê. Sy het haar jare laas gesien, tyd het net nooit toegelaat dat sy vir haar kon gaan kuier het nie, altyd die een of ander krisis of belangrike geleentheid wat opgedaag het. Elke keer is tyd […]
Sagsif van die uurglas
Skeef en krom drome van hoeke en hoepels opgebreek en vertrap ingesluk, deur koue gulsige branders Nes ek in my uurglas spoortjies in die glans deur die sukkel’gange beur en massas waarheid van my seer en saam met die loeiende wind word ek met nuwe hoop verbind waar vrae en antwoorde konnekteer wat my leefwyses […]
Verspeelde tyd
Korrel vir korrel verlore stryd sypel die uurglas se sand in ‘n wedloop teen tyd. Verlore sekondes; verspilde seesand gly soos satyn deur die vingers van my hand. Vader tyd strompel voort; sonder omkyk of keer begin jou sandkasteelglasie se sypel maar weer.
Half en half maak ‘n heel
Half en half maak heel Wat is ‘n half sonder ‘n plus som Wat is ‘n een hele gedeel deur twee Wat is ‘n kus sonder ‘n stukkie see Wat is ‘n oggend afwesig van ‘n horison Wat sou lewe sonder dood wees Wat sou emosielose gedigte lees Wat sou wysheid sonder ‘n fout leer […]
Liefste Ma
Liefste ma Die gille vul my drome. Die gille breek die stilte. Die gille stap die gange. Die gille sis wakker oë. Ek onthou die eerste donker uur. Ek onthou die eerste donker aand. Ek onthou die eerste donker kamer. Ek onthou die eerste donker monster. Ek lê wakker op my bed. Ek lê in […]
Perfek ek
Deur jou oë versplinter my wereld in duisend gebreekte stukkies, lê my lewe in die stof. deur jou oë buig my rug krom, beur die laste en kommer soos twee wateremmers my skouers buffelskof. deur jou oë het ek my trots verloor, is ek net nog ‘n nommer verlore op ‘n stormsee. ek wil so […]
Hunkering
Hunkering Op hierdie eiland tussen mense in die stil lawaai van stemmedreun is gedagtes afgesonder soos Jerusalem-melaatse stil alleen Die mensgedruis in lewens-see spoel soos skuim wat ritmies brander op die dagpols van wêreldklop My hartsverlange hunker na ontsnap en elke sinaps strek na plat frekwensies van leë ruimte waar stilte oor die veld vibreer […]
Mense wat anders is
Mense wat anders is. Die tannie met die groen hare stap knyp-knie toilet toe. Ek glimlag. Die toilet is ‘n hele entjie in die gang af. Sy sal moet ‘pikkewyn’ as sy dit betyds wil maak. Ek kyk om my rond. Die mense hier om my is anders. Nie anders soos in ‘van-‘n-ander-planeet-af’ nie, net […]
Aarbeie op my sjokoladekoek – my ding.
Aarbeie op my sjokoladekoek, my ding! ‘n Oulike hondjie, ‘n katjie of vriende op eksotiese kuierplekke. Resepte vir eiers. Lewensraad oor die soek van ‘n lewensmaat, die slaggate en die alewige bybelversie. (Ek ken die woord, dankie) ‘Goeiemôre, ek hoop jy het lekker geslaap in Jesus naam’. Nog ‘n resep, dié een vir koekies. Aborsiewette […]