Jongste aktiwiteit:

Ons behoort (2)

Ons behoort aan Afrika
soos aasvoëls sweef oor Potbergkranse
soos pienk flaminke in ’n strandmeer
wat haar lofprys met hul danse;
soos ’n singvalk op ’n doringboom
soos reiers aan ’n vlei se soom
…en soos die eende op haar waterwieg.
Ons behoort aan Afrika
soos wat duiwe deur haar bloutes vlieg.

© Carma Shaw
9 Februarie 2019
9:11




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed