Jongste aktiwiteit:

‘n Kind se Seer

Die seer wat in ‘n kinderhart kom lê
kom nesskop en haar wese infiltreer,
wat saam tot wasdom groei
haar later alle vreugd’ ontsê,
word dan die tralies wat die siel omsluit,
die lig kom in maar sy verleer hoe
om haar hand daardeur te steek
om selfs die krummels van die liefde
vir haarself te buit…

© Anton Bosch 09/02/2019




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Die verborgenheid van 'n kind se seer so akkuraat beskryf, dat dit mens amper skok. Ongelukkig verloor ons as grootmense nie die sere van ons kindwees. Party van ons is sterk en oorkom die vrese en grense van daardie seer, maar vir ander is die seer so diep dat dit 'n tronk word, wat ons inperk, lamlê en selfs isoleer. Soveel so dat selfs die hulp, "lig" en liefde wat uitgehou word, soos verbode vrugte aan 'n boom van Hoop hang. Na hierdie vrugte durf ons nie ons hande uit te steek nie. Briljante werk.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed