histerie
my duin is vars wind waai al weke uit suide kom koue winter raak elke dag sigbaar duideliker temperatuur val snags met tientalle soos die dag daal staan bolle rook swart op paaie rotte het hitte nodig om te leef stig brande en skree vernietig winkels en betoog daaroor as dit nie meer bestaan ver […]
In jou arms
Ek is bang ek is nooit goed genoeg nie. Of as ek bly dan kry ek seer. Ek is bang as ek gaan lê, dan is dit alles so aleen. Maar waarvoor ek die bangste is, is die dag as ek gaan vra, dan is jou antwoord nee. So met snye op my voete, hardloop […]
woorde. ! ;
Woorde !; Woorde trap spore ego in hoendervleis verby die ore woorde se grense in ‘n vlak-graf begrawe wat wakker-lê nie geskryf nie ook nooit gesê Tia©️ 11/4/19 Quote image unknown *internet*
Verdwaal
My verdwaal lê anderkant die naat van my denke die misplaas van soveel verwarde, verdraaide wenke die sif van kennis (oor jare versamel) en my eie toegeskulpte geskenke toegedraai en weggepak vir eendag se oopmaak maar êrens het ek verdwaal geraak tussen gister en nou op verkeerde spoor beland en nou lê ek gestrand. ©Driekie […]
Wat lê voor?
Die krismisliggies het lankal hul feestelike vonk verloor, Van ons kersboom se glorie is net vuurmaakhout oor Buite val geelperskereën vir dae al aaneen – soet druppels genade oral om ons heen Golwende groen gebergtes kontrasteer met die hemel se stormblou, wyl ek wonder wat hierdie prille jaar vir jou en my inhou? ©Loretta Szikra […]
Is daar whisky in die hemel?
Met jou nou ses voet onder – op die rotse – V E R D R I N K sit ek vandag hier langs jou graf en wonder so sommer maar net of daar ook whisky in die hemel is? want sou jy tog daar wakker skrik met ʼn dik babelas, hoop ek daar wag […]
Die kar op my gat
Die dames van die Namibiese Trofeejagvereniging sit en gesels in hul middagete. Daar is Almut, die Hoofbesturende Beampte, Gerida die ontvangsdame en Marso, Almut se regterhand. Hulle praat oor die dag se gebeure en die vereniging se lede so soms selfsugtige optrede. Dan gaan dit oor in hoe onmanierlik die bestuurders in ons dorp is […]
Rooi lippe
Kom ons praat bietjie vandag oor die befaamde rooi lippe. Daar is soveel persepsies oor ‘n vrou met rooi lippe. Persepsies van mans oor vroue wat rooi lippe dra, en persepsies van vroue oor dames wat rooi lippe dra. As ons nou by die mans se persepsies sal begin, die meeste van hulle verstaan glad […]