Jongste aktiwiteit:

Bruin oë

Hoe maak ‘n mens hierdie bruin oë blou? Hoe verander ek die lag en hartklop van ‘n oseaan vol liefde? Ek wil wees waar die son die wolke se trane op vee, en ek wil sing saam die voëls in die lente se oggend gluur. Kan herinneringe van jonk wees my asem kom steel, en mag ‘n oog wink van verbeelding in die are kom vloei. Waar is jy heen? En waar het jy gaan dwaal? Nooit weer sal iemand, die donker kombers oor my menswees bepaal. Ek kan jou nie maak nie, en jou aadag nie steel, of jy na my wil kyk of in die maanlig stories wil deel. Maar hier sit ek op die rotse, gereed om te spring, hoe diep is die water? Of wat mag dit bring?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed