Daar waar vrede lê
my hart verlang na die sonbesie-hitte wat lui luimer oor karoobos en klippe na die ding-dong van ‘n voorloopskaap wat smag na weiding net die beste wil opraap my hart verlang na wye, oop vlaktes waar stilte en vrede salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes waar gesigseinder ver oor rante strek my hart se teer verlange na sielsvrede […]
Onreg kweek verset
wanneer onreg grou flets en saad skiet in brak grond deurskemer bitter belet verwronge denke tot duister verset sonskynspatsels vervaag vars onthou en weeklaag rou die siel se bitter lot met opstand in eensame berou ©Driekie Grobler
Afrikaans – ontembare taaltongtekkie
o, my bokkie, my bekkie, my taaltongtekkie nes ek jou gemaklik in volksmond vind draai jy spelend, ontembaar weg om lêplek te kry in ‘n nuut-ontdekte taalbed vry, op die rug van die wind speel jy vrolik met klanke en woorde wat geslagte en nasies oor dekades alreeds saambind menige puris het al sy moses […]
Laat Lente
Laat lente © Ans Botha van der Merwe 15/11/2019 11:38 sou ek nie graag in jou arm wou wurm nie jou liefde teen my hartklop kon voel klop nie sou en nie graag jou warm asem teen my nek wou vasvang nie jou liefdes melodieë in jou stem wou hoor prewel nie sal ek nie […]
Bevryde Somer
Bevryde Somer daars ‘n laterige lente wat die somer stuurs weerhou en die droogte soos ‘n dryfsand deur valleie in laat vou (tussen hierdie lyne stuur ek my woorde na ‘n klam rivierloop en droom ‘n misreën teen my voetval vas; wyl ek sagkens kniediep in ‘n sagte stroom liefdeswater struikel, skuif ek die laat […]
AFRIFIKSIE kompetisie 2019 kortlys!
Hallo almal! Ek is so opgewonde om op AFRIFIKSIE se kortlys te wees. Julle kan die kortlys hier sien: http://afrifiksie.com/kompetisies/tot-nou-toe/kompetisie-2019/kortlys-2019/ En dan sommer op die skakel vir “‘n Hoed Vol Geluk” druk om my storie te lees. Onthou om die ander stories ook te lees! Geniet!
STOP EN RUIK DIE TAMATIEBOS
Ek kyk na Herman Lensing. Hy en ‘n gas kook dat die sop spat. Dit bly maar vir my ‘n plesier om te kyk wanneer iemand uit sy/haar hart uit kook. Deesdae voel dit so half vir my kosmaak het sy lekkerte vir my verloor. Dalk is dit maar net omdat die kinders uit die […]
AMPER SOMER
Amper Somer dis amper somer in jou lewe so skielik word jy groot eens sou jy op ‘n droom kon swewe maar manword druk jou menswees dood die wye wêreld is jou speelplek jy weet so als van als as donkerte jou enkels lek staan jy so fors en vreesloos stil ek, hier eenkant swyg […]
Sê dit in Afrikaans
Skryf vir my ‘n briefie, teen ‘n Drakensbergse krans Sing vir my ‘n liedjie wat die engele laat dans Jaag vir my die winter weg met n kaggelvuurtjie saans En sê vir my jy’s myne, maar sê dit in Afrikaans Koop vir my ‘n nuwe dag, met die oggendson se beurs Wys vir my die […]