Sintuie
SINTUIE hoor jou in die windjie sien jou in die son dink jou deur die donker van ‘n veraf dig kokon roer jou met die reëntjie vang jou in die dou wens jou uit die wonde van ‘n wêreld grys en grou proe jou in die luggie sluk jou uit die see weet jy voer‘n […]
korale van ons volk
in triesterige koue wind sit ek vanoggend op my duin al wat ek sien is die uitgespoelde skulpe van ons volk se strewes toe daar tyd was vir aksie was ons te gierig en te reg was ons eersugtig en so seker breek skulpe oop en vergaan hier en daar kom borrels uit die sand […]
Die Sirkel is Voltooi
Die Sirkel is Voltooi ek by Hom en Hy bý my lángs my – Hy leer my loop wankel-kleuter-treetjies Hy gaan die pad vooruit so veeg Sy Grootsheid oor my ek by Hom en Hy lángs my soos ek die bakens omloop tienertraantjies grootmensbaantjies vrou word – ma word – groot word – oud word […]
droë daeraad
soveel dae soveel wind stofstrepe waai oor droogte reënwolke terg die blou horison veraf dreuning kom oor berge aan maar dit is asof alles net wil vergaan geen hoop meer vir plant en dier as skepper nie reën wil stuur môre is nog ‘n dag vol seën dalk bring dit ook reën daeraad se belofte […]
Deel 3 Galbitter en koud
Deel 3 Die skok op Annelien gesig vertel sy eie verhaal; sy was onverhoeds gevang. Haar aanvaller het haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp geslaan. Haar borskas verander in ‘n rooi speldekussing. Bloed lê wyd versprei om haar. Een skoen lê verwese eenkant, haar skouersak oop. Die inhoud in die bloed verdrink. ‘n Foto […]
Appelboom
Onder die blou-pens-lug waar vlinders-vlug en sywurms-sug lag die wolke breed klets ‘n kraai-kardoes is dit ‘n goud-sliwer-ring? Binne die appel-bloeisel-blom sit ‘n by en brom oor die spinne-kop-gom tyd vermom en heuning die soet-tand-grond-roer Na volgende bladsy Sien die bladsy is vir jou Poppie jy is mooi skarlaken getooi Wys my jou appel-vy soos […]
ALTYD ‘n NUWE DAG
Goudstreep val oor houtvloer deur roetbelaaide ruite. Beklemtoon stowwerige duiwelsdons wat onder swaar meubels vergader. My naggewaad is flodderkous met kabaai oorgegooi, span ek my logge liggaam moeisaam van die katel. Skree planke hul krakekreet asof hul onder my gewig wil breek terwyl moegeloopde voete skuifel-skuifel sleep. ‘n Nuwe more breek. Gooi sy glans in […]
TYD
Sweef my hand geluidloos net bokant end van grashalms, waar hul wiegend in westewind dans. Suis die klank van leegte ‘n melancholiese wysie van ongevraagde verlange, onbekende nastolgie. Waai my eens linnewit rok ‘n patroon teen my lyf. Afgeëtste beeld teen die goud van ra. Loop ek in stilte na die einde van my tyd. […]
TWEE WINTERS
My pandokkie uit klip, gevul met yskoud in die vaal vlaktes van die weste, smag na geknetter, verlang na geklap, net soos joune in die Kaap. Bedel ek in geskrif, smeek ek in gedig vir n kooltjie van jou vuur, vlamme van jou kaggel, waar hitte die winter verneuk. Verwarm deur verbeelding, verstar blik op […]