Eie Belang
voor gesels vriendskap of oorlog begin wat is jou naam ou maat? oë flikker toe oop in onkunde die antwoord is klanke die naam verlore lag en praat die dag se bestaan vermy die naam die sluitel is net vir jou belangrik
Die nagspook se kuier. (Brons)
(713 woorde) Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers om asem te haal nie, nét vir ingeval. Na wat voel asof tyd sy […]
tokkel
– tokkel – tokkel my twee vingers letters op sleutelbord woorde wat soms geen sin maak verskyn uit takelwerk van breinselle wat vloeibaar geluide probeer maak in andersins stil wêreld waar min geluide oorloop in woorde wat gesien, gelees kan word deur ou oë wat verrimpeld staar na stil spoor musea – ©Teárlach
Bitterstryd
agter verlate deure bly stukke van my in haatvol aande en tralies van trane, ‘n verblinde oorlogstryd met fotos van engele en ek wat vergeet van liefde en haat, want die hoekoms en sommers is te laat, gebreek saam skerwe wat my wakker hou alles wat jy nie wil van weet die stukkies binne my- […]
Kindjie klein (Brons)
Kindjie klein kindjie klein alleen die lewe se seer op jou kom teer vroeg al verweer lewe se seer jou laat vlug van lewe se klug weg van die druk enigste besittings in sak oor jou rug dierevriend by jou die warm in kou soekend na omgee waar liefde regeer nie wrede harte wat brose […]
Vervalle Museum
goeters staan teen verf af swart kol mure bruinvlek fotos skeef alles ń bietjie dof agter kraak glas lê kante opkrul boek in vassteek laai vertoonkas buite helder agter skoon glaspanele te koop goedere uitgestal vroue in blom rokke tussen museum en môre moderne beelde is die huidige utopia so onbereikbaar
Word wakker
“Trauma is personal. It does not disappear if it is not validated. When it is ignored or invalidated the silent screams continue internally heard only by the one held captive.” – Danielle Bernock Dit is asof ek wakker word uit ‘n droom. Nee. ‘n Nagmerrie. Was dit net ‘n droom? Stadig maar seker begin […]
brakkenjan
– dou voordag krap hy teen my bed tyd om op te staan man my blaas wil bars jong heel nag uitgehou swaar lig ek my uit die warm komberse vinnig af met die trappe agterdeur oopgooi vinnig op met die trap vir oulaas weer inkruip met die salige gevoel van ‘n nog warm kussing […]
Droomtrein(silwer)
Droomtrein Die nag bring sy storms en winde wat waan, vanuit ‘n donker spoor kom hy al rollend aan Hy dra in sy kajuite al die dae sé mense dinge mee, van vêr verlate tye tot met die hede so’laat bly hul nie vergete Elke kajuit het ‘n masker elke masker ‘n maker elke maker […]