Lewe
Mond glimlag wyd siel gil luid woede golf en kolk verraad sny soos ‘n dolk binne drup die bloed buite verskyn die oggendgloed.
Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]
Julie 2021 – OOP projek
Beste INKers Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word. Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening. Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie. Dit geld vir al die afdelings. Al wat ek kan sê is: lekker […]
Brood op water
Brood op water sy woon in klein kamer net ‘n stoel, bed en tafel stukkende mat op vloer gehawende slierte gordyn douvoordag staan sy op eet ‘n droë stukkie brood moedig loop sy die pad waar haar stalletjie wag hoopvol pak sy als uit breiwerk en hekelwerk met baie trots gedoen dalk is vandag haar […]
Verlore toekoms
Verlore toekoms na die ongeluk moedeloos bly lê sy bene nutteloos die lewe ‘n bitter pil hy wou nie meer sy lewe is verby nou net ‘n las geen waarde meer sy parkeer haar rolstoel reg langs sy wit bed hy wil haar ignoreer sy groet hom opgewek sy gesels met hom vertel haar storie […]