hoop
– kandelare lig oor droë blare waar siele blus in ewige rus – harte bloei oor liefde wat gloei nuwe lote groei onder luide skote – eerwaardes swig voor politieke sug lidmate verhuis na volks vreemde huis – kersliggies brand oor kartetse wat land mens oë verduister wyl hul ophou luister – donker gedigte vul […]
bolangs
– soos seisoen verander vergrys my duin alles wat groen was word nou weer bruin so verander die wese van bejaardes ook wanneer tyd aankom om boedel oor te gee afhanklik te word besluite te oorhandig aan jonger mense soms onbekend dalk onsimpatiek selfs vyandig gesind bolangs lyk dit dalk na geluk en dankbaarheid diep […]
guitig
– heerlike weer en vrolike kinderstemme die veld verdroog maar wag op sy beurt om reën te kry die see kalmeer in stilte voor die kouefront se storms weer aankom – guitig is lewe vriendelike glimlaggies vrolike naweek besoekers wat heerlike sonskyn dae onvergeetlike ervaring van liefde en genade ten volle uitleef en geniet – […]
môiesman se taal
jou dans die dans erotika alles om jou blink spierwit in mooi kurwes gekrul netjiese wit mure ontvou wanneer jy openbaar in melodie geskaar ©Teárlach (môiesman – vietnamese lippe)
My Skat (Brons)
My skat My liefde vir jou lê kaal, ek bely dit op skrif `n laaste maal. Blonde hare, blou oë sag, lê my hart vir jou en wag. Opgewonde sleepvoet swaar, deur blareharp se snaar. Hande sweetend omvou, blywend bly ek wag. Hart se kamers lê in wee winde van moed draai binne my. Die […]
skusie-man
– dagbreek het sy belofte gestand gehou in heerlike sonneskyn en pure see-genot my duin blink sterre in die son my hart galop oor golwe blou dan staar my siel verbaas as skusie-man verskyn so rein in skyn dog donker in pyn – ©Teárlach
pers en swart
– ek wil vir jou ‘n vlinder vang met pers en swart vlerke soekend stap ek onder bome wat drup van oggend mis stil verskyn hy om die draai met vlymskerp horings dan sien ek die vlinder fladder langs die trotse bosbok waar ek my lewe gaan waag om jou vlinder te vang sien my […]