Die waarde van liefde (Silwer)
My lief, dis in jou oë waar ek my waarde vind en teen jou ore waar ek my hart kan klank in jou vat beleef ek die sin van menswees en deur jou mond word die gehalte van ons liefde steeds deur jare bepaal. ©Driekie Grobler
Bedreigings
Slang ! gryp knuppel, geweer vernietig die plaagbeheer bang slang is alleen in eie broek wat nooit pik slaan die dromme omhels swart tonge dis gif vir muf wyshede
Die nag toe ek jou minnaar was (silwer(
Vuur en vlam soos twee motte was ons verlam verblind in die liefdesvlug daar is nog geen haas aan die nag ‘n ontrafeling wat ná asem snak en die dowwe maan wat haar ligstrale bring môre winde waai die leemtes terug wat soos lemme aan die pols van liefde bloei wêreld van gekwestes sit my […]
ontrafel
– die koord hang slordig uit sy ontrafelde manel – versies val uit sy mond soos tafereel ongelukkig val nommers nie reg daarop een johannes word johannes een, ensomeer wat mens laat twyfel oor sy erns daarmee – oor die donkerblou hemel stroom daar oorlogswolke – die een invloed negeer die ander politieke mag spel […]
Appels en Pere
Aflaai, opgradeer, groter, beter , vinniger stoor alles in ‘n wolk, boks of driehoek geduldig en geborge wag die data daar terwyl toestelle sync en dit is waar my moed sink… Sirkel sirkel sirkel terwyl niks gebeur vee skerm halfpad/ van onder na bo/ vee links/ vee regs maar my skerm verdwyn Onkunde saai paniek […]
ons liefde in Jasmyn (SILWER)
Italiaanse sonnet (Valentynsonnet) ons liefde in Jasmyn my lief, my lewe was een vaal verlate woestyn met geen kleure van die reënboog om te geniet op die horison was geen vooruitsig te bespied tot jy verskyn het in die aroma van Jasmyn kyk! jy laat die son se strale goudgeel skyn jy het vir my […]
Liefde vir altyd
Ek staan hier langs die hospitaal bed weerloos lê jy daar al vir drie weke jy kry suurstof, en jou oë bly toe dit lyk of jy in ‘n diep slaap is Mammie is dit regtig jy? is dit wat die jare met mens maak, wanneer jy oud is? die dag toe jy geval het, […]
Die stilte praat
Die stilte praat – duidelik selfs as die huis nog slaap want dan hoor jy die koer van die duif en die vrolike voëltjie sang. Dit is in die oomblik van stilte waar mens bewus word van God se teenwoordigheid van Sy fluisterstem en jou afhanklikheid van Hom. Dit is in hierdie stilte waar my […]
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]