narcissis (Goud)
jy wou my ontwortel my verplant my glo wys wie is baas jy het selfs my fyn haarwortels eiehandig een-een gepluk en eenkant toe gesmyt ek het jou getroef met my eie ontworteling: ek het my siel finaal die swye opgelê en my diepste wese ewig-soekend na jou (bedenklike) liefde moet self sien kom […]
satyn (Goud)
ek voel soos satyn tussen jou geskulpte hande later, wanneer ek geluidloos geruisloos om jou vou drapeer jy my behendig en manjifiek sodat ons saam satyn-sag tot rus kom
Liewe Vreemdeling (Brons)
ek het langs jou gesit vandag en my oë het oor jou gevoel en my hart het versag want my verdwaalde lag het lêplek gekry hierdie November dag
Rooiborsduif in November (Brons)
Net ʼn gedagte, nog ʼn dag, nog ʼn verlang oorvloedig my lief, jy weet, maar lewe loop sy gang voetsleep maar gewis plooi elk’ voel, elk’ leef elke dag sonder jou, so alleen… elkeen met sy eie oorleef, sy eie pakkie vergeefs – betaal ons tog vir al’s gedoen, geleef en ek is nie een […]
En toe moes ek weer skryf (Goud)
Jou woorde het my betower en my winterhart kom warm vryf ek wou lag en sing en dans en meteens moes ek weer skryf oor sonskyn en koperduine en geheime van die see oor hoe die herfswind se asem lewe aan die hawerlande gee oor Namakwaland se blomtapyt wat ek wil uitrol voor jou deur […]
Frustrasie (Goud)
Vanuit my innerwese bars frustrasie ombeheersd soos vuurysters deur gletserys strykdeur my diepste denke (uit na buite) deur die krake van die fisiese – die leë dop wat rasend aankap en kappend skop teen bottoe deure waar my psige hygend roep op soek na durf ‘n doel ‘n dop; in opstand met my eie kop […]
My soektog
In geurige blom gesiggies het ek na jou gesoek agter bome gekoekeloer saam met die son opgestaan geroep hoor jy my seer? hoopvol het ek na die maan gestaar hy het net die geheim bewaar wie soek sal vind toe gaan krap ek in my hart rond daar het ek jou stralend gekry met ’n […]
Lien Meiring se Swart Vrydag.
Lien Meiring se Swart Vrydag. Ek vlieg uit die bed toe my alarm my wakker skree. In my kop merk al die merkies op my lysie af; opstaan, tande-borsel, aantrek, inkopielys, motorsleutels … So gryp ek na die gemaklikste klere en stapskoene vir die groot dag. My hare maak ek hoog op my kop vas […]
Desember 2023 – Veldslag projek
Beste INKers Die vakansie seisoen het nou aangebreek, en ek verstout myself deur sommer te aanvaar dat ieder en elk ruim tyd gaan rantsoeneer vir ‘n opwindende en sikkepit komplekse uitdaging. Die tema vir Desember is: “Aan die vooraand van ‘n groot veldslag” Die veldslag hoef onder geen omstandighede fisiese oorlog te wees nie. Die […]
kaplyn (Silwer)
anderkant die kaplyn van twis en venyn blom die reënboog hemelhoog tasbaar dog onverstaanbaar bewe brawe dade gelewe met moed kan jy vrede groet; ywerig die twisdissel wissel duskant die kaplyn van vreugde en vree blom die reënboog hemelhoog saad van gehoorsame daad groei selfs as storms loei met jou sekel moet jy oeslappies hekel […]