Basileus Basileon
Basileus Basileon geskryf deur Dale Penderis © Een helder-maan-nag stap ʼn man met sy vrou op ʼn esel, in pyn gelooi Sweet gepaard met versmorende gille; dit is ʼn vrou in kraam Geen plek by die rykes, gelei na ʼn stal by n krip tussen diere en strooi Pynvolle krete … ʼn oomblik se stilte […]
Natuurseënwense
Natuurseënwense geskryf deur Dale Penderis © Mag die enkele woestynblom tydens jou binnesoek reis jou oortuig dat hoop nie beskaam, terwyl volblom kleure wys. Mag al die woestyne se ontelbare sand jou herinner aan ʼn belofte uit God se hand. Mag jou koskaste kreun; dragtig aan oorvloedige manna steun, deur die Here geseën. Mag, wanneer […]
Die Ballade van Moses
Die Ballade van Moses geskryf deur Dale Penderis © Die geklank van ʼn geween deur die vensterlose huis Die ongestrooste moeder wat huil oor haar seun; huil oor haar seun Troosteloos, ongespeen Geluide van ʼn baba wat huil in die Nyl Die hart van ʼn donker godin; bekoor deur ʼn baba wat kla en kerm […]
Sinne in Drome
in slaap verlam spoel gedagtes ongenooi oor die keerwalle van my gemoed beelde swewe oor veld en stad vergete, onbekend aan my geheuenis wyse here, oor eeue pot gooi drome in gelowe en teorieë om dit te verklaar ek slaap bewus om dieper kennis ongeskonde te ontvang in elke droom moment
Seer Verby
draai jou seer na vreugde water spoel oor vuur blus die brand animo* maak plek vir lawenis verlos en maak vry *animo s.nw. (Italiaans) 1 Opgewekte gees, opgewektheid, lustige stemming; gretige lus Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Ek behoort
Ek Behoort geskryf deur Dale Penderis © Van jongs af wou ek net behoort, wat maak my dan so anders? Nooit regtig êrens ingepas, moes doen en wees soos ʼn sekere soort Uitgesluit, verstote… Verwerp, nie goed genoeg, gevoel die vyand pik op my deur slinkse planne my oortuig ek kan ook aandag kry Liefde […]
my stabiliteit
my stabiliteit geskryf deur Dale Penderis © in die storms van feilbaarheid en menslike onstabiliteit is U vir ewig en altyd my beloofde standvastigheid al bevind ek my in ʼn kolkende rivier sal die waters my nie oorstroom want U is altyd vir my hier al brand die vure fel in ʼn vuuroond vlammehel kyk […]
hiermee verklaar ek
hiermee verklaar ek geskryf deur Dale Penderis © vurig volborstig verklaar ek vandag jou heelnag se huil sal verander in lag uit woestyn se geskroei sal ʼn pragblom weer bloei met ʼn nuwe gemoed sal jy mense begroet soos een wat droom sal jy wees want gister se seer sal genees vanuit die ashoop sal […]
Sprokies in Spaies
ruimte tyd en plek is mens illusies in een gevou speel dwase wegkruipertjie in tyd en agterplase wat nie bestaan die heelal lag agter godsgordyn op vele vlakke