Een duisend letterangskikkings later
Een duisend letterrangskikkings later die lettersetter van al my dig stap stil soos sonde tot buite my sig verse wat so maklik kom nes het in my gees oor my geleefdheid se knak en kneus en die bangte van my vrees en van my verkeerd se wees is geperkament op my oopgroefsenuwees drange […]
O God my skuldlas brand (Vir Totius)
My hart het saam met jou na ’n liggie gesoek voor jou onheilswoning tussen pyn-gedagtes en eina-dorings krom en skeef in mekaar geweef maar vasgegryp het ek my soos jy in ’n ‘doringnes wat vreeslik haak-en-steek’ o God my skuldlas brand! soos jou doringboompie van ‘Vergewe en Vergeet’ ‘vlak by die pad waar lange ossespanne […]
Sinkretisme bronsklas
Maandtema: Augustus, skuldlas. Sinkretisme die kousaliteit van afrikanerskap se neksus neig van nature na negatiwiteit na drie dekades van selfverwyt oor ons nasionale idolatrie se nalatenskap en van volkshelde wat met vuil vroetelvoete onvas waggel in modder en klei en ons met volksgodsdiens mislei t’wyl sestienjarige snotkop seuns met sproete hul enkelmammas boks en baklei […]
passie
passievolle lewens gaan verby absolute adrenalien verterende ambisie om iet te bereik – jouself en jou voorgangers in blinkende glorie te kan oortref spore van passie bly agter diep spore van nagwerk en deurdruk storm van goliathe – oorwinning so soet verwesentlik in skete van vandag passievolle oumens tye is mooi lewe […]
Kaalvoetjies tot oorlogstewels
My kindervoetjies het die paadjies op oupa se plaas deurgetrap oor watervore deur vlaktes vleilande en oor die brug by die rivier oral was my kinderspore verewig in die sand van sorgvryheid nooit het ek kon dink die beitel van die lewe ongenaakbaar my sorgvrye voetpaadtjies van kindwees pynlik uit sou kerf hier sit ek […]
Die doring in my vlees
ek staan op die drumpel van my gewete en voel hoe my jare na introspeksie roep wyl stemme eggo uit die kraters van my brein hoor ek hoe die strykstok van my skuldlas die note van verantwoording aflees binne die balk van rekenskap ruik ek murg en been en bloed as die doring in my […]
Dit is volbring
Wanneer ons die woord ‘skuldlas’, wat ’n selfstandige naamwoord is ontleed, vind ons dat dit op sy beurt weer saamgestel is uit twee selfstandige naamwoorde naamlik ‘skuld’ en ‘las’. Die woord ‘skuld’ kan ’n tweeledige betekenis hê naamlik: ’n Materiële betekenis, soos om byvoorbeeld ’n geldelike verpligting teenoor iemand of instansie te hê, waar die […]
DANKIE jY
DANKIE JY….. Net nou die dag nog het jy deur my hartvenster kom loer stadig daardeur gekruip. en op ’n sagte wand geland. Snoesig jouself daar tuisgemaak. aan my wonde net saggies geraak so herstel jy elke seer, elke roof, elke kraak. Dit is wat jou so uniek maak! Marthie Joubert
versugting
uit die perikoop van ondermaanse bestaan vloei daar soveel bloeiers dat dit druk en verloop bo-oor enige hoop selfs die oggendson se strale skyn nie deur die mis van nagmerries se boos laat jou troosteloos en weerloos weergalose mooi van die skepping seë verlig aanhoudende druk van ondermaanse donker danse blink […]
Augustus 2024 – SKULDLAS projek
Beste INKers Die “verfrissende” winter steek steeds sy tentakels uit, maar ek vertrou dat die deelname aan die projekte ‘n warmte bring in ons Afrikaanse siele. Hierdie maand ondersoek ons die onderwerp: “Skuldlas”. Dit is nie noodwendig finansieel nie, maar kan enige vorm van skuld aanneem. Soms voel ons skuldig oor kanse wat verbeur is, […]