Sinkretisme bronsklas
Maandtema: Augustus, skuldlas.
Sinkretisme
die kousaliteit van afrikanerskap
se neksus neig van nature na negatiwiteit
na drie dekades van selfverwyt
oor ons nasionale idolatrie se nalatenskap
en van volkshelde wat met vuil vroetelvoete
onvas waggel in modder en klei
en ons met volksgodsdiens mislei
t’wyl sestienjarige snotkop seuns met sproete
hul enkelmammas boks en baklei
want pretorius en retief en theron
was dan onverbonde messelmanne van formaat
gereliëf in die sonstempel tot ligbron
o wie is dan tog ons heldedom
vereer op die sarkofaag van die afrikanerdom
so buig ons neer voor die son in hierdie land
teen die middaguur se kant
verkneg aan hierdie bousel van bokryery
geslagte lank reeds geketting aan slawerny
(C)MCH
Piet Retief se oorblyfsels was uitgeken aan stukkies van sy satyn onderbaadjie, waterbottel met
die Vrymesselaars simbool en ‘n verweerde sak.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek