Engelse en Paasfees
Van Engele en Paasfees Kortverhaal 1503 Woorde Anke is ma en pa se stukkie sonskyn. Sy is ‘n goudblonde haasbekkie met oë so blou soos die lug op ‘n wolklose dag. Sy hou net op praat wanneer klaas vakie sy werk saans gedoen het. Sy borrel oor van lewensblyheid, almal […]
roep
soos ‘n stem in donker nag snyend indringend onmiskenbare woorde helder sonder droom sonder skroom deurdringend onvergeetbaar woorde wat gedagtes sonder twyfel onderbreek diepsnyende wete dit is so geroepe is jy al wil jy daarteen stry jare lank onder jouself skuil verskonings fabriseer ander dinge begeer dit wil negeer […]
Kerneels pas skape op
Kortverhaal 1737 Woorde Kerneels Pas Skape Op Soos ‘n groot wolkombers betrek die trop skape, Kerneels al drawwende hotagter, die bossiebegroeide heuwels aan die kant van die plaas. Hy is haastig – hy jaag totdat stemmige proteste myle ver luidkeels gehoor kan word. Hulle kry die reuk van vars water. Dis of nuwe moed […]
Namaste !!
Namaste !! wees gegroet sou jy buite my kring staan of deel in my bloed Hande biddend gevou roep immer getrou Na die eenheid wat bind wat van diep uit jou siel sy weg Na my vind Ek roep die God in jou saam sal ons glo want vlees kan nooit versoening bou […]
Vadersdag Pa gemis
VADERSDAG PA GEMIS Mis my Pa wat reeds in hemel leef vader het so daarna gestreef alles na moeder se dood verlange vir jare toe te veel My Pa nie die sterkste in die land kon hard werk met glimlag het nooit vleis braai gebrand sy stories almal laat skatterlag Dankbaar vir […]
Op die plaas “Ope Hande”
Kortverhaal 2227 Woorde Op die Plaas “Ope Hande” n’ Ewigheid ver maak ‘n plat stukkie grond ‘n eelt op die verweerde aarde. As die reën hiér val, dan reën dit, wragtig veertig dae en veertig nagte aanéén! Maar die dróógte is meer as die reën hier, vandaar die naam “Ope Hande”, wat Stefanus de Wet […]
Jannie Fiskaal
Jannie Fiskaal (1664 woorde) Kortverhaal Die son trek al water toe klein Jannie Fiskaal se boeksak met ‘n dowwe plof duskant Wagter op die bed neergevoeter word. Tjank- tjank wip Wagter van die bed af terwyl Jannie vir hom skewebek trek. “Aag vir wat lê jy ook jou dae en ómslaap op my kooi? Jy […]
Onpas Skoene
as een skoen skawe al is dit op een kleintoon ondermyn dit altwee voete en bring die hele lyf tot ń stilstand dus agter ontwerperkasdeure lê nuwe skoene in pare net reg vir weggooi, hulle skawe gewone voete of rek die leerskoenvel en koop ń duur ondermat is die raad vir ń gladde loop en […]