Watermoles
Watermoles Woorde 1195 Volksrust se manne is sterk oppad viswaters toe. Na ‘n harde week se werk by die Everite fabriek naby Vereeniging, verdien die manne so ‘n blaaskansie! Nie dat dit elke week gebeur nie. Nee, hierdie naweek is spésial. Douglas en sy twee vriende is almal oud leerlinge van Volksrust Hoërskool. Na […]
Somerstorms
as die winde woedend fluister en om die hoeke huil waar die dwarswinde sit en pruil tot my horison verduister in die stortvloed van wanhoop vasgekluister dobberend teen die kuslyn verskuil tot waar hoop my vrees verruil en my met vrede kom verbyster as somerstorms om my woed en ek begin in die […]
drang
wanneer skeppingsdrang vervaag en afgewater gaan lê voel brein golwe voos en verdoesel dit alles wat mooi en rein lyk digters praat van muse my muse was nog altyd ‘n muil dwars en skeef – sukkel opdraende om woorde strofes te maak dan versplinter die lig skeur ‘n sonstraaltjie deur donkerblou […]
Vloedsvaart Afdeling silwer
Vloedsvaart … Vaalvloedswater storm booskolkend in volvaart soos wolkswatte spoel sy spatskommel van gemmerbruin blinksdonkerte trommend en ketting keringloos in nydige natheid moerig stroomaf stroomsendeling sonder ‘n stapskaart met die evangelie van drenksdood wat gena’loos bo-oor alles wat ontydig in eenvoud wou lewe ‘n eintydspreek afsteek en selfvervullend in profesie in sy jaloersheid se selfsugpad […]
Moedertaal
Soos ‘n boom wat langs ‘n waterstroom geplant is, is my moedertaal diep gewortel, immer groeiende na die lig onder Afrika se lug. Aniki Joseph 2025 ©
bittersoet
hoe bitter die gal hoe soet die heuning voor elke silwer wolkie-rand lê daar ‘n wavrag pyn na elke genesing kom daar donkerswart giftige boodskappe aan betaal of word vervolg met mooi gesiggie besoek sy jou siekbed belowe gesonder dae goeie : betaaldae almal saam bly die ongerief is verby […]
Akwakooi #brons
Akwakooi ‘n See getooi in sonsatyn gestreep in gouegrys akwaplooi sag gekant in korreltjies fyn afgerond in wit pêrel sproei. In goue kroonkrale belyn sak son sag in sy akwakooi sy glans versmelt in waterlyn sonsoentjies in elke plooi. ‘n Ligte wind bring golfies klein seeperdjies dans in son se gloei wiegend in ‘n akwarefrein […]
Pad Kies
hoëtrou musiek en nuutste nuus masseer rou geskaafde senuwees die werkdag is nou klaar huistoe pad is die volgende taak malmiere stroom sonblind in drielaan dolle spoed oor hoofweë huistoe een meter vorentoe pogings ontstel die homogene stroom tot gesamentlike gramskap bakkieboer hoed op is die enigste kalant op ń stamp huistoe agterpad maplotterhuisies* omring […]
Ek sien [silwer]
in mirre van jou oë se blou spieëltjie-prentjie reënboë wat jou hart se water hou en sproeireën jou oë bewoë boog hul uit in sewe kleure maar as ek dieper kyk in die venster van jou oë sien ek hoe die reënboë oor die ark van ons liefde pryk ———–oo000oo———— [© Pieter Mostert]
Grondpad onder my voete
weg van die gejaag van die lewe ń wegbreek daar waar mens kan asemhaal met die oggendstond op ń boereplaas wat meer kan ek vra in blommeprag aan die veld in die voëls se gekwetter roep die stilte van ń boereplaas en ń grondpad onder my voete kom lê die oggendure voor my soos ń […]