Dodelik
dienste lewer lyf masseer tot kar herstel… is oral beskikbaar teen ń prys bestellings lewer vele dienste en goedere afgelewer by jou deur teen ń prys vaardigheid lewer handearbeid en ń breindokter beskikbaar na studie moeite teen ń prys hulp pleidooie lewer geen goed, dienste of kennis nie maar gemeenskap korrupsie teen ń allemagtige hoë […]
Tuine
fyn tuine in optimale bemeste grond blom onder fyn sproei water omsoom groen gekondisioneerde grasperke waar alles daaglikse goeie sorg vereis om die blomkant voor te hou growwe tuine het een styf toe agterdeur kraan op die stofgrond grasperke staan karre en kaallyf hoenders bemes die jaart al groen is een blou bloekomboom om die […]
Asem
asemhaal is ingewikkeld tussen kop en maag in die middel, longe in die skedel lê herhalende rekwisiete vir spesiaal gemengde lug om voorraad vlakke te verseker blaasblak maag trek spiere saam om die fabriek te vul met aspirasie proviand in longe maak deure oop in duisende filtrasie werkbanke om so suiwer suurstof te ontsluit biljoene […]
Grassny
die gras staan dik weelderig groen te lank om te bly staan die grasmasjien staan helder rooi te koud om te begin vuil wit lê die lewekoord opgekrul en ons ruk ruk vir ontvlamming wit rook wolke skiet die rooi masjien en hy stotter tot die dood bietjie op & af spring ons blink smoorkleppe […]
Dorland
ek staar na die Kaapse somerveld dis warm, droog, en lelik die dorheid pluk-pluk aan my klere die somberheid klim binne-in die uitgerekte mediterreense somer moes lankal noordwaarts wyk maar hy steur hom nie aan die almanak nie die veldgras is asgeel verbleek die bergfynbos, gewoonlik in ‘n sagte vaalgroen getooi, lyk afgerem, geskakeer tussen […]
So seker #brons
So seker So seker soos ‘n slak se sleepsel sag soos vlinder se vlerkies sweef Sy Gees neffens jou. Hy hou jou Hy dra jou Hy lig jou Hy rig jou Jaar na jaar is Hy daar aan jou sy om jou te lei. Soos die maan en son hul baan voltooi sterre skitter in […]
daar
onder draai duiwel rond ver onder in my droom in die duister nag van diepe slaap byna onbeheerbaar dring die bose gees slu in werklikheid verbloem ondertoon van duiwelse plesier net omdat hy wil en kan skerp verblind die ligstraal al wat donker is tot vaal verdwyn sy krag nietige verval want God […]
Bosbokkie-oe
My bene skanier outomaties inmekaar en ek sak soos ‘n sak aartappels in die skadu van ‘n wilde proteabos neer. Hierdie gloeiende rooi gesig het ek te danke aan my vriend se avontuurlistigheid. “Plaas het jy nie nét gehardloop as iemand jou jaag nie,” lag Jonathan ten koste van my eie ou grappie, “dan was […]
Skeppingsdoel
Skeppingsdoel as ons eendag weg is sal die trekvoëls steeds deur die seisoene swerf en sal die daeraad haar kop nogeens skaam oor die oosterkim stoot as ons eendag weg is sal die wêreld vir seker aanhou tol en tol al wat ooit saak sal maak is die liefdesspore wat jy los het jy onlangs […]