Ek pak uit Goud
Dis donker en diep in my klerekas. Spinnerakke vorm stofdrade en klou vas aan gister se onthou. Dis donker in my klerekas. My skoene se sole is afgeloop; harde klipgrondpaaie met kronkels en draaie, my spore van seerkry lê wyd. Dis my klerekas. Maskers en jasse en leë bottels parfuum. Kom kies hier […]
nader
staan nader o my siel jou verlange na wat was deurdring met nostalgiese weerklink seemeeu se stem hard en kras oor jou duin verander dit nie ritme van jou metabolisme wat sleurend storm oor wil en drang van elke dag se eindelose gesang soos golf-en-skuim wit strand ontruim © Tearlach.
Wag van die pad.
Wag van die pad “Wag van die pad, waar betaal ek my boete vir gebreekte grense?” kom die vraag van ‘n wandelaar. “Hoe dan so, Meneer? Waar het u dan oortree? U stap dan die pad,te voet?” “Ek praat nie van hierdie pad waarop ek dwaal nie. Ek praat van die gejaag na wind op […]
Tou van geloof
Tou van geloof Knieë voos gekruip klou vas aan ‘n bietjie hoop. Dit is hoe die lewe verloop. Op my knieë wil ek bly; op my voete van geloof wil ek staan. Elke dag sê ek dankie –ek het nog ‘n dag om my lig te laat skyn. Donker is die wêreld, swaar ons gemoed. […]
Nooi in rooi.
Nooi in Rooi Ek ontmoet ‘n nooi, sjoe, sy lyk so mooi.Volgeklee in rooi. Sy sweef soos die wind, ek moes my hartklop vind. Op hoë hakke kom sy nader. Onder haar hoed sien ek sy smeek vir genade. Ek hou my hande: “Kan ek help?”Sy kykop en sê: “Ek is op. Nooi in rooi […]
Maart 2026 – Herfs/Kas projek
Beste INKers Maart lei herfs in en daarom is die tema wat ek gekies het gepas vir hierdie maand se projek. As die herfsblare verkleur en afval, herinner dit my altyd aan die mens wat sy/haar klerekas herrangskik, die verweerdes uitgooi en bietjie orde skep vir die nuwe seisoen. Hierdie maand se tema is: KAS […]
Skepe van drome
Skepe van drome. Op skepe van drome het jy gevaar, net die beste wou jy hê. Elke dag bou jy aan jou koninkryk van pennies en ponde. In geld wou jy swem, elke mylpaal moes jy behaal. Verdrink in jou mensgemaakte mag het jy gesink – sonder om te dink. Ware rykdom – liefde en […]
Sekonde van tyd
Sekonde van tyd. Vroegmore tik-tok die tyd, dan kom die gong. Jy kondig ‘n nuwe dag aan. Pienk kleure groet die môre. Die son skyn nog sag, liggies oor die wêreld ‘n Dag vol lag kom skielik tot ‘n einde ‘n asem blaas uit. tyd staan stil, vir net ‘n sekonde. Deur: Ryno du Plessis
Dit wat regtig saak maak
Dit wat regtig saak maak Jy soek my hart maar jy ignoreer my denke Jy verlang ‘n oor, maar gee my niks om na te hoor. Jy begeer een hart maar stel jouself oop vir die wêreld. Jy vra vrae, maar jy ken self die antwoord. Maak geraas soos ‘n leë blik wat van ‘n trap […]
Mosselbaai
Mosselbaai Goue velde lê voor ons uitgestrek die pad noem hul Duiwelsdrek. Kort voor die ou groot -hek draai ons af, soekend na ‘n beter plek. Met my Volksie swaar gelaai, eindig ons by Mosselbaai. Witborskraai ķom maak ook sy draai, Tent reeds opgeslaan, is dit tyd om ‘n vis te braai. Lang padlê nog […]