Ou Goue Gawie
Ou Goue Gawie Sonder twyfel was hy geld se baas. Net om seker te maak almal weet, was hy elke dag in goud geklee. Elke haar netjies op sy plek. ‘n Sigaar tussen die vingers. Sy blink motor was ook goud, al kon ou Gawie self nie bestuur nie. Tussen die rykes was hy ‘n […]
Verbaas-verward
wanneer die manne braai en die voggies satire* saai is ou Blink Hans voor in die koor “Het jy hierdie een gehoor?” “The food we eat in South Africa does not come from farms owned by white people. It comes from Shoprite, Pick ’n Pay, and Spar.” is dít verbale sarkasme ? of is dit […]
Stilte
Ek voel haar fluister in die wiegie van die wind roep sy my tot introspeksie hoe stil is stil? laat ek jou vertel: stilte is ongeskrewe woorde wat geen mens kan skryf nie jy hoor haar stem soos winkende hande* roep haar nostalgie deur die gras proe haar heimwee in die trane van die donderstorms […]
Young die visserman
Young die Visserman Uit China het hy ‘n lewe hier in Afrika kom bou. Anders as baie, het hy nie ‘n winkel vol van alles oopgemaak nie. Gebroke Engels, en selfs ‘n bietjie Afrikaans, gesels hy stilweg met dié wat hy verkies. Sou jy hom vra waarom Afrika, antwoord hy: “Hier is iets anders as […]
Verledestraat huis 201
Verledestraat, Huis 201 ‘n Harde klop aan my deur. Verledestraat, Huis 201. Ek maak oop. Daar staan die oom. Ek sien,soos ‘n blinde, ‘n miljoen gesigte in een. Sy reuk…was bont. “Kom in,” sê ek. Hy skud sy kop. “Nee. Hier woon nogal baie mense in jou straat.” “Ja,” antwoord ek. Hy glimlag. “Nee. Dis […]
Boer van n ander dam
Boer van ‘n Ander Dam Jonas boer op Kleinbegin.Familie grond al lewenslank. ‘n Bietjie lusern, patats en pampoen, ook groente, vrugte en soms waatlemoen. Net voor ses wag hy vir die son om te ontwaak. Met ‘n koppie koffie in die hand groet hy sy hoenders en voersy perd. Lank en maer, met ‘n lang […]
Die bok in die snoekerkamer
Toe Lien regs draai, dink sy sy stap terug klipgrafte toe. Sy kom net tot by die eerste grensdraad se hoekpaal. “Mevrou Meiring!” Saara se stem sny oor die oop stuk grond soos ’n mes deur warm brood. Lien draai om. Saara staan by die klubhuis se agterdeur met ’n vadoek oor […]
Sy was Herfs gewees
Sy Was Herfs Gewees Haar groot bruin hoed, met blare bedek. Bruin, geel en oranje, met ‘n takkie wat uitsteek, amper soos ‘n veer. Haar jas so lank, dit het gelyk asof sy sweef. In die woud het sy gewoon. Sy was alles behalwe gewoon. Jare het diep lyne oor haar gesig getrek, ‘n kaart […]
Oom Tollos van die ligtoring
Oom Tollos van die Ligtoring Groot groen oë, soos waterpoele. Die lewe lê geskryf op sy gesig. Jy kon hom van ver af ruik, ‘n mengsel tussen paraffien en die see. Met ‘n lamp in die hand, kort op die been, ‘n man op wie jy altyd kon steun. Van vroegoggend tot bitter laat saans, […]
Bettie Haasbek
Bettie Haasbek “So stel sy haarself gemaklik aan almal voor.” Sy was kort en rond, met ‘n humorsin so gesond soos haar lag. Daar naby die stasie, teen die hawedraai, het sy gewoon, skuins van die ligtoring af. Tant Bettie kon vetkoek bak, met ‘n kerrievulsel van ‘n ander soort. Só het sy haar brood […]