In iemand se fotoraam
In Iemand se Fotoram En eindelik sit ons almal in iemand se fotoram. Soos treine en stasies beweeg ons deur mekaar se lewens. Ander staan vas, soos ‘n ligtoring langs ons pad. Party sit en wag op die hawemuur, vir hulle uur om ‘n foto in iemand se lewe te word. Sal die wind nog […]
Analities – Boer
jou simpatieke besorgdheid oor ander se pyne en lyding brawe leiding om uitdagings storm te loop en aan te vat vermoë om te vergewe, vergeet sonder wrok of wraak oor onreg definieër jou geestelike volwasenheid aangebore in jou boere-gene enig in jou kulturele strewe van goeie fisiese en geestelike gesondheid waardering vir skoonheid […]
Die Groot Vis-en-Mayonnaise-Oorlog van 1987 (807 woorde)
Dit het alles begin toe iemand onlangs skaamteloos kla oor hulle kind se skoolkonsert wat kwansuis ’n “flop” was. Ek moes dadelik binnensmonds lag. Hulle weet duidelik nie wat ’n skoolkonsert-katastrofe is nie. My gedagtes het onmiddellik teruggeflits na 1987, toe ek ’n onskuldige Graad 1-meisie in die B-klas was. In daardie dae was daar […]
Noem my sommer net ou Neef
Noem My Sommer Net Ou Neef In ‘n baksteenhuisie, sonder tuin, met vensters altyd bottoe agter ‘n ou draadhek, het hy gewoon. Donkerblou oë. ‘n Drie dae oue baard. ‘n Basstem. En altyd daardie lekker reuk, sou jy hom toevallig raakloop. Die man was maar skaars. Niemand het veel van hom geweet nie. Oor die […]
Honger is die Beste Kok
Honger is die Beste Kok Rooi Wilhelmina was lief vir haar kombuis. Nou nie juis omdat sy dit wou hê nie, maar omdat dit deel was van die huis. Sy staan ure voor die stoof. En binne vyf minute is daar nie eens ‘ krummel oor. ‘n Strik in die hare. ‘n Voorskoot om die […]
nabetragting
nog een kans gekry veelvoudige terugslae leerskool van die lewe wanneer dit goed gaan verloop lewe spoedig wanneer dit begin sleg gaan slaan jy remme aan word tyd gebruik om na te dink oor gisters en wat dan van mộre © Tearlach.
Tallulah,… die meisie van harte
Tallulah… die Meisie van Harte Sy het grootgeword in die agterstraat. Daar waar die tannies mekaar sagkens laat skinder het. Haar grootword was buitengewoon. ‘n Verhaal wat van stoep tot stoep vertel is. Die swartkopnooi kon sing soos ‘n nagtegaal. Op haar hoë hakskoene en met soet parfuum, het sy menige harte laat stol. Haar […]
Ouma Patricia
Ouma Patricia Die lewe het haar goed geklap. Maar gaan lê was nooit in haar woordeskat. Die dag toe haar man wegstap, moes sy alleen vir haar kinders ‘n plan maak. Haar salon was nie juis vir hare nie. Dis daar waar manne kom kuier het, en waar Patricia haar brood verdien het. As sy […]
Ai ou Samantha
Ai, Ou Samantha Niemand sou dit kon glo nie. Sy het kabaret gedoen en opera gesing. Dogter van Patricia. Ma van Tallulah. Dit was haar laaste bietjie roem. Met die jare het haar stem begin kwyn.Toe het sy troos onder in ‘n bottel begin soek. Duur rokke en skoene het plek gemaak vir pantoffels en […]