Skemer se soeltes
Voetspore lӗ in die stof
jou hande hang
slap langs jou lyf
en in jou siel
lӗ duisend stukkies blinkertjies verstrooi
Die vuur van emosie
tap die geluk uit jou krane uit
druk jou hart
in ‘n leӫ kamer vas
Voor die winter verbygaan
sal die vuur van hersfskleure
in die skemer se soeltes
jou sag omvou
wat waterkoel lok
op ‘n leӫ lang pad
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Pragtige hoopvolle gedig Palet.