Jongste aktiwiteit:

Carpe Diem

ek hoor die stilte tussen nag en dag breek
rol die oggendstond soetheid rond in my mond.
proe die nuwe dag op my tong.
as ek snoesig tussen wakker en slaap huiwer
asem ek die oggend in.
‘n nuwe nuut begin
vou oop in my.
ek dank my Skepper dat ek leef
voluit kan lewe
die dag kan gryp en myne maak!
‘n nuwe dag vou oop in my
met die wonderlike wete
carpe diem
dié dag is myne
vir ‘n rede!




2 Kommentare

  • Amanda

    Elroux, ek mag dalk u grootste aanhanger wees! Sjoe, hierdie gedig laat iemand soos ek wat - oggend na oggend - die lewe verwens as gevolg van die swaar opstaan, skoon lus voel om in die oggend die dag te gryp! 'n Inspirasie! Lees so gemaklik en vloeiend.

  • Elroux

    Baie dankie vir jou stilstaan by my skryfsels Amanda ek waardeer jou woorde opreg en jy kan maar vir my tannie se

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed