Grys Is Tog Feit
Ons almal begeer dit wat ons nie kan kry,
In die tronk van begeerte voel ons vry,
Ons dagdroom oor ridders en kastele,
Ons vertoef aan valse beelde
Ons almal hunker na vryheid en ware liefde,
Min beseffend die een bots met die ander,
Prinse en prinsesse wat daagliks verander.
Drome en denkwyse oral gebonde,
Ons hoop dit bekeer maar dit bly sonde.
Sodoende trippel ons voort
En pluk blindelings deur die boort
van vergruislike seer en verwyt,
So versmoor ons mekaar in die kryt.
Swart op wit,
Grys is tog feit?
Byt vas kindjie die wiel sal draai,
Als is tog nie te versmaai.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Goed geskryf.