Die BERG
Die BERG
In die hoë berge van die Westerse Ryk was ‘n klein dorpie waar die boertjies gesukkel het om ‘n bestaan te maak. Hulle het hard gewerk en geswoeg, maar wat hulle op die mark in die stad daarvoor gekry het, was maar min. Bowendien was daar ‘n berg tussen die dorpie en die stad wat hulle soggens in die een rigting moes uitklim en saans van die ander kant af terug. Vroeg-vroeg moes hulle opstaan en het eers na donkerheid teruggekeer; en anderdagmôre moes hulle weer uit op veld en akker om hul karige bestaan te verdien.
◘
Lank het die toestand aangehou, maar eindelik het die dorpsraad besluit om raad by die kluisenaar op ‘n ander berg te gaan vra.
Hy luister na hul klagte en gee toe volgende raad: „Elkeen wat oor die berg gaan, man, vrou en kind, neem ‘n klip van die boonste plek op hul pad stadtoe, dra dit ondertoe en gooi dit onder weg. Op pad huistoe, dieselfde storie, en gooi dit diekant weg. Almal, elke keer.”
Hulle het sy raad gevolg, en siedaar! Die berg is al afgebou en die pad stadtoe loop glad en reguit deur die pas — en skaars drie-honderd jare is om.
©4e.Augustus2027…………….∆∆ΩΩΩ∆∆………………….2014tje
[Volksgoed uit Sjina]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek