‘n Somer om te vergeet
Somereinde het hy kom groet.
Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan,
half afsydig by die trap bly staan –
langs die pilaar wat toe nog geel was.
So, asof hy vreemd was
aan daardie welbekende plek.
Só asof hy van alles wou vergeet.
En ek was te jonk om te weet –
dit was net die blou van die see,
net die goud van die son.
Maar daardie één seisoen
was ek lief vir hom.
© Carma Shaw
29 Augustus 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek