Spore van reën
my kleurespel bars
in dubbelspore oop
deur die groen loof
knars hitte van die son
wat tortel deur die lug
baldadig span ek seile
geheilig soos nardus
in windadem
in my bloeiselrok se nate
bou sysies hul nes
en met ‘n bakhand klei
tempel die swael
‘n rusplek gevul met genade
en my voete;
my voete akker
in spore van reën
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.