Arm man se kersfees
Arm man se kersfees
Geen groen dennetak
net maar ‘n doringtak
geen blink tooisels
verbleikte rooi lint
in strik gebind
aan boonste top
geen toegedraaide geskenke
bar houttafel
staan in eenvoud
in ‘n pot prut
oorblyfsels in yskas
kinderogies staar in niet
ouerharte krimp ineen
onpaar borde vind hul weg
saam met plastiekglase
geen poedingbak
geen ryk romerige vla
geen sjokoladestafie
in ‘n kring neem hul plaas
hande verstrengel
hoofde gebuig
dank God vir hul
eenvoudige maal
samesyn wat in
liefde en warmte gedy
wagtend op eendag
net eendag wat
kersvader hul adres
sal vind…
©Berna
22.12.2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek