Jongste aktiwiteit:

Christus se geboorte

Christus se geboorte

Meer as 2000 jaar gelede
steeds vier ons die dag
Hy het mens geword
steeds heilig
het Lig aan donker wêreld
gehang
duisende sterre in hemelprag
engelekoor besing
die Messias se koms
herders en wyse manne
bring hom ere
uitgelese groepie
Hy was reeds toe
‘n bedreiging vir
aardse ou koning
wat Hom voortydig
wou laat sterf
hulle het nie God geken
nog minder was
Sy plan bekend
selfs Sy volk was
in die war
oor hierdie Jesus-kind
Hy was so anders
as dié Herodus
waar soek jy Hom
het jy Hom gevind
nee niet meer in die krip
aan die kruis gaan
jy Hom nie vind
ook in Sy graf nie meer
Hy is die opgestane Heer
is Sy Gees lewend in jou?
leef jy Sy doel met jou
in gebed dra vandag
elkeen op wat
die pad nog byster is
seën hul met Sy oorvloed
jy sal veelvoudig
terug ontvang
ons buig need’rig
voor U die Gesalfde!
dank God vir U Seun
Jesus Christus
U grootse Liefde
Amen

©Berna
25.12.2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed