My naam
bekend was my naam
het almal dit rond laat gaan
besig wees was nooit verniet
want so was my naam oral gegiet
maar een klein flater
en almal sit en skater
word jy bespreek en verraai
want hoe dit ook al sy is die waarheid verdraai
stadig tel jy die stukke weer op
want Vaderhand se goedheid sal nooit stop
met murg en been pak ons dit saam
en staan die mensdom verbaas
want eens het hul gedink ek gaan vou
maar gou het ons weer daaraan gebou
in ere is my naam herstel
maar nie vir die wat leuens vertel
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.