gedagtes
waar ek teen berg opstap
op eeue oue voetpaadtjie
uitgetrap deur vele voete
ruwe voete sonder skoene
baie styl kronkelende roete
hoog op teen blou kranse
bo sit ek op oeroue rotse
saam gesmelt in oer tye
grof verweerde vulkaniet
beskou ek vlakte verder
suid van groot spelonken
to ver teen wolkberge aan
so leer ek van vergesigte
groei my kinder siel geil
gedagtes wat drome word
drome van toekomsplanne
in onder bewussyn gestoor
drome wat kom en verwelk
see lê uitgestrek voor my
my gedagtes sweef steeds
oor verre blou berge mooi
en verander golwe in dale
die deining in ou verhale
van donker groen berge
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek