Jongste aktiwiteit:

Winter kalant

Jy bekruip soos ‘n dief in die nag
en sprei jou kombers oor die aarde sag,
laat kristalle hang aan geraamtes van hout
en maak die lug ongenadiglik koud.

Skouer jy jou jas om boom se tak
en kan nie wag vir son om te sak
sodat jy voetjie vir voetjie jou ys
vlokkies kan strooi tot daglig sy oë wys.

Met dagbreek staan jy terug met trots
oor jou skarlaken wit kuns op elk klip en rots
en stort ‘n koue traan
as son jou kuns laat gaan.

Ai, Winter jou ou kalant
vat tog saam jou kou’ gesant.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed