Jongste aktiwiteit:

Vir die vrou tussen ons

Jy’t soveel harte aangeraak
in jou lewens seisoene –
soveel trane afgedroog en opgevang
in jou kruik van gebed,
soveel stukkende harte heel gemaak
en getroos as jou kind verlang.

Mag ons jou meer waardeer,
meer raak sien as ‘n vrou
wat ook kan huil en verlang.

Wanneer die herfsblare
van die lewe begin afval en winter
streep deur jou hare
en herinnerings winde fluister…

laat ons jou wysheid herroep
en ons kinders leer van lief en lag
van gebed en troos met ‘n hart so sag –
laat ons jou eer as vrou.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed