Dis nou
ek staan voor U in die skadu van my lewe
gestroop van alles – net ek Heer
in ootmoed buig my siel voor U neer
vou my toe in U genade, vergewe
doodskadu fluister in my oor
ek’s bang, alleen – onbekend
waarheen gaan U my siel versend
geen witbroodjies trek U voor
maar U het my by die naam geroep
uitverkore is ek in elke opsig
vou my toe…steek aan u genade lig
neem U hierdie sware wroeg
ek is ’n Koningskind – duur gekoop
neem U nou my hand
verstewing hierdie heilige band
voordat ek van nou na eendag loop
Opgedra aan Rina – 05/07/2010
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.