God het jou geroep
Jou skaamtes volg jou
stomp en sonder
om genade te sien
jy lewe
ñ sondige bestaan
doelloos
dit groei en teer op jou
mense se vingers wys na jou
en die oordeel wurg jou binneste
die leemtes
se manifestasies
van seer lewe
om te soek na vervulling
in aardse dinge
en in die midde van leeg wees
ontmoet jy jouself
verpletterd teen die grond
wanneer jy jouself
volkome oorgee aan Jesus
sonde neem jou lewe oor
en sal verwoesting bring
maar as jy oorgee aan Jesus
sal dit jou verlede skoon was
jou pyn is jou perspektief
om vorentoe die fokus te wees
vir diegene wat streef na verlossing
wees naby aan God
en soek Hom in alles
en sonde sal nie meer
jou naam ken nie
God het jou geroep
jy is Syne.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.