Oë van misnoeë (Opdrag 6)
Roemlose impressionis, indrukwekkende realis
met Vlaams Germaanse invloed
lê jy ordinêre werkersklas
onopgesmuk op verfdoek vas
soms huldeblyk soms hekelskrif
of is die hooivurk dalk ‘n hef?
harde koue werklikheid
eerlik, aards, direk
soos die ouman wat arbeidsvrugte
met strenge trots aanskou
langs die oë van misnoeë
wat spreek van bittere berou;
peinsend, oor dit wat kon gewees het
sou sy geen flaters durf begaan –
maar swak oordeel het haar vasgevang
in ‘n onvrugbare bestaan
en anders as Dogters van die revolusie
sal sý vryheid nooit kan proe
bly geluk slegs ‘n illusie
en ware liefde vir haar taboe
©Loretta Szikra
2 Kommentare
-

Elroux
Die prentjie goed vasgevang Loretta.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Mooi verwoord Loretta!