die soort vrou wat sy gedink het sy moes wees (opdrag 6)
met die warm son op haar rug
en die soet geur van begonias in die lug
hoor sy hoe die Groot Depressie weer haar naam roep
1930 brand in haar keel en in haar bors
onderdrukking pols deur haar are
vreugde is nou volksvreemd
magtelose moedeloosheid klou vas aan alles
innerlik en uiterlik
haar drome word in patriargie versmoor
soos die son sak vir die 12de keer in Februarie
word sy hopeloos deel van die vertikalisme
grypend val sy deur die gate in haar sak en besef
nie eers 50 wit sterre sal hierdie nag weer helder maak nie
© nadia nagel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.