Jongste aktiwiteit:

BEGRAFNIS

BEGRAFNIS

Die skok het my hard getref
soos ‘n geweerskoot wat my tref
niks in hierdie wêreld maak dit beter
my hart is in stukke verpletter

my lewe hang nou aan vlenters
ek sien regdeur die hel se vensters
net soos gloeiende as in die vuuroond rooster
so soek ek na my vertrooster

die doodskreet het ‘n pyl in my lyf geskiet
net so maak die doodsangel my siek
die werklikheid het my gelooi
soos strome huil ek my oë bloedrooi

alles was so ongenooi
wat die wêreld na jou toegooi
herinneringe so oneindig mooi
trane sal nooit ophou vloei

my kosbare hart se mense
my verlange en diepste wense
as ek die mense wat ek lief het
moet ek hulle opdra in die hemel gebed

© Eleen van Deventer Vorster
18/08/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed