Jongste aktiwiteit:

ou plaas

my duin word gery
deur spoke van ou-plaas

rondom jou opstal gaan nuwe paaie
morsige ruwe grondpaaie wat stof opgooi
reg agter die sinkstoor loop daar een verby
waar beeste eens gestaan en voer eet het
waterpype lek en vertak oral heen
na nuwe plakkershuise wat soos
onkruid tussen koring staan

teen jou kontoere word erwe afgemerk
kruis en dwars verskans met sinkstrukture
selfs ‘n skool verrys uit kaja-dorp se rumoer
swart en bruin, maer honde jaag afstert hoenders
bakkies jaag heen en weer met klinkende skroot
figure met donkerbrille loer oor stuurstange
benoude angswekkende gevoel heers

spasie om opstal word daagliks kleiner
voor opstal staan wit mercedes-kar met oopnek
swartpak menere wat rekenings rondswaai in die lug
terwyl hul oê gulsug alles opmeet en bereken
waar laaste voordeel nog getrek kan word
kopers kom kyk en staan in minagting
en kyk na sestig jaar se bloedsweet

agter die opstal blaf ou wagter
eensaam met swak sig blaf hy vir alles
nog nooit het hy soveel vyande om hom
moes ervaar – selfs ou jack staan verslae
sy mond hang oopbek as hy die massas
dophou wat sommer kom sinke bou
hy verstaan nie die makua vandag

dan sweef my siel in sy droom
oor die ongerepte berge wat groen
die lug in steier teen die ruwe kapmes
en byl van die massa wat verniel
langs lyndraad aan sonop-kant
loop grondpad styl in slote
van erosie en klipbanke

stadig sak die skerm van my droom
en gaan sit in my gees op my eie duin
waar vrede uiteindelik gevind word
in golwe van die see

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed