bokkie kom terug!
meisie my meisie bly by my
hoe lief het ek jou my skat
trane snik ek huil vir jou
my meisie is op daai trein
transkaroo johannesburg
laatnag trein se fluit skree
seer is my hart het ek haar lief
ek huil my meisie los my
sy is op daai middernag trein
vergewe my kom na jou sinne
moenie gaan nie jy mag nie
meisiekind myne bly myne
~ * ~
kom terug bokkie kom terug
moenie gaan nie kom terug!
asseblief moenie loop nie
bokkie kom terug!
ek smeek jou die eerste keer
sal jy my vergewe ek het seer
op my knieë bly by my
ek smeek jou bly by my
my pyn my liefdes pyn
sny tot die murg verlief
huil sal nie help nie
bokkie kom terug!
in my hart is geen ander
ek vra nou die eerste keer
gee nog ‘n kans net een
o’ bokkie kom terug
my bokkie ek het jou lief
vergewe my tog asseblief
jammer bokkie bly by my
o’ bokkie bokkie kom terug!
~ * ~
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tom Brown
Hierdie is lighartig en is bedoel as Afrikaanse woorde vir die gewilde liedjies: Baby please don't go; Baby come back. Die gediggies kan as ernstig gelees word, of net so goed, humoristies en ligsinnig. Nes jy wil. Tom Brown